# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die multidissiplinêre span onder leiding van die Valke geloof nadat ʼn tweede verdagte in die moord op twee lede van die Teenbende-eenheid en twee vroue verlede week in Reigerpark gearresteer is. Die 24-jarige verdagte is gister aangekeer ná die span se intensiewe opsporingsoperasie. Die eerste verdagte, die 23-jarige Reagan Collis, het verlede week in die hof verskyn. Die polisiewoordvoerder Kamogelo Mogotsi sê elkeen wat verantwoordelik is vir hierdie sinnelose moorde, sal aanspreeklik gehou word:
Firoz Cachalia verwelkom arrestasie van tweede verdagte in Reigerpark-moorde [KLANK]
ENG MogotsiONShooting