Skip to content

Adjunkminister Mahlobo sê water en sanitasie het onder ANC-bewind met meer as 90% toegeneem [KLANK]

# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê die afgelope 32 jaar onder ANC-bewind het toegang tot water tot 91,3-persent en sanitasie tot 85,6-persent gestyg. Hy het gister by die ANC se inligtingsessie oor die party se plaaslike regeringsmanifes-hersiening gesê hy erken dat water een van die land se grootste diensleweringsprobleme bly. Die regering het oor die volgende drie jaar 156-miljard-rand toegewys vir water- en sanitasie-infrastruktuur. Mahlobo hou vol meer moet gedoen word om toegang vir baie gemeenskappe te verbeter:

ENG MahloboOnWaterandSanitation