# Die beskuldigde tenderpreneur, Vusimuzi “Cat” Matlala, verskyn vandag en môre voor die Madlanga-kommissie. Hy is ʼn sentrale figuur in die ondersoek na strafregtelike en politieke insypeling in die land se strafregstelsel. Hy sou aanvanklik in September getuig, maar dis nou vroeër geskuif. Matlala het in Julie voor die kommissie verskyn, maar volgens ʼn bevinding van regter Mbuyiseli Madlanga is sy getuienis uitgestel. Hy staar vele aanklagte in die gesig, onder meer omkopery en beïnvloeding van politici, en dat hy onregmatig ʼn polisiewelstand-tender van 228-miljoen-rand ontvang het.
Vusimuzi ‘Cat’ Matlala gaan langverwagte getuienis by Madlanga-kommissie lewer