# Minstens ses mense is die naweek in Rusland dood na een van Oekraïne se grootste lugaanvalle sedert die begin van die oorlog. In ‘n teenaanval na onlangse ballistiese missielaanvalle deur Moskou, het Kiëf een-duisend-478 hommeltuie en minstens nege kruismissiele afgevuur. ‘n Pakhuis wat aan die Russiese verspreidingsmaatskappy Wildberries behoort, nywerheidsaanlegte en raffinaderye is geteiken. Intussen het Russiese aanvalle op Oekraïne ook minstens sewe lewens geëis en meer as 39 beseer. Beide lande het mekaar beskuldig dat burgerlikes geteiken word.
Een van Oekraïne se grootste lugaanvalle eis ses slagoffers in Rusland