# Die MK-party vra ‘n omvattende evaluering van die ondersteuning wat aan vrouesport in Suid-Afrika verskaf word. hy sê sportsukses vereis volgehoue en betekenisvolle insette, insluitend voldoende befondsing, gehalte fasiliteite, professionele voorbereiding, gestruktureerde ontwikkelingsprogramme, tegniese kundigheid, mediese en welsynsondersteuning, sowel as toeganklike roetes vir vroue en meisies om aan sport deel te neem en te vorder. Die party sê die regering en sportowerhede moet bepaal of die hulpbronne, befondsing en ontwikkelingsgeleenthede wat beskikbaar is vir vroue se nasionale spanne, voldoende, billik en volhoubaar is.
MK-party vra omvattende evaluering van steun aan vrouesport