Skip to content

DA vra parlementêre inligtingsessie oor ingrypings by NSFAS [KLANK]

# Die DA het ‘n dringende skrywe aan die Parlement se Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding gerig waarin hy versoek dat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, die Parlement toespreek oor sy ingryping by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria gelas het Hlengani Mathebula se aanstelling as NSFAS-administrateur moet opgeskort word. Die DA-lid, Delmaine Christians, sê die party eis ook versekering dat studente se befondsing, appèlle, verblyf-betalings en ander NSFAS-verpligtinge sonder onderbreking in die oorgangstydperk sal voortgaan.

AFR ChristiansONAppointment