# Die Wes-Kaapse regering is besig om steun vir Theewaterskloof Munisipaliteit te versterk, om bestuur, watersekerheid en basiese dienste te verbeter. Meer as 31-miljoen-rand is in die 2025/2026 finansiële jaar toegeken vir infrastruktuurprojekte, waarvan 96-persent reeds bestee is. Bykomende befondsing word ook voorsien vir water-, afvalbestuur- en elektrisiteitprojekte. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die doel is om basiese dienste te verbeter, die munisipaliteit se kapasiteit te versterk en die publiek se vertroue te herstel.
Wes-Kaapse regering beoog om dienste en publiek se vertroue in Theewaterskloof te herstel