Skip to content

Tshwane-polisie neem 48 ongedokumenteerde buitelanders in hegtenis [KLANK]

# Die Tshwane Metropolisiediens het hierdie week tydens die afdwing van verordeninge 48 ongedokumenteerde buitelanders in Pretoria-Noord, Centurion, Sinoville en Cullinan in hegtenis geneem. Dit het deel uitgemaak van voortgesette optredes om verordeninge af te dwing, openbare veiligheid te bevorder en te verseker daar word aan nasionale wetgewing voldoen. Die woordvoerder van die Metropolisie in Tshwane, Puleng Motholo, sê die 48 mense kon nie nodige dokumente voorlê om hul wettige status in Suid-Afrika te bevestig nie. Hulle is aan die Departement van Binnelandse Sake se Immigrasiediens oorhandig:

ENG MotholoONUndocumented