Skip to content

Stad Kaapstad verdedig grondvoorstel vir Mitchells Plain

# Stad Kaapstad sê die voorgestelde verkoop van munisipale grond in Mitchells Plain aan Christel House South Africa vir die uitbreiding van sy skool word deur ‘n deursigtige openbare proses behartig. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die voorstel is oop vir openbare kommentaar, met inwoners wat alternatiewe voorstelle vir die grond kan indien. Vos sê die voorgestelde skooluitbreiding kan toegang tot gehalte-onderwys verbeter, werksgeleenthede skep en kwesbare gemeenskappe bevoordeel.