# Die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gaan vra dat die korrupsie-aanklagte teen haar teruggetrek word. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery nadat sy na bewering omkoopgeld aanvaar het terwyl sy minister van Verdediging was. Mapisa-Nqakula ontken enige oortredings. Die Hooggeregshof in Pretoria het die saak tot volgende Donderdag uitgestel terwyl die verdediging wag op die transkripsies van minstens 16 getuies se getuienis. Indien die aansoek slaag, sal Mapisa-Nqakula vrygespreek word sonder om te getuig of getuies te roep.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula vra korrupsie-aanklagte teen haar moet teruggetrek word