Skip to content

SAPD ontplooi spesialis-spanne na ongebruikte Rustenburg-myn na ontdekking van 14 liggame [KLANK]

# Die waarnemende nasionale polisie-kommissaris, Puleng Dimpane, het bykomende spesialis-bystand ontplooi vir die reddings-, herstel- en ondersoekoperasies in ‘n ongebruikte myn in Nkaneng in Rustenburg, Noordwes. Veertien liggame van vermeende onwettige mynwerkers is Dinsdag uitgehaal nadat die wande van die skag ingetuimel het. Agt oorlewendes is gered. Woordvoerder Nonkululeko Phokane sê die operasie word ondersteun deur kundiges, hulpbronne en personeel wat nodig is om die ondersoek en reddingspogings vlot te laat verloop:

ENG PhokaneONRescue