Skip to content

Lyfkameras vir polisie vertraag omdat waarnemende minister van Polisie nie tot ’n datum verbind nie

# Die DA sê die nasionale bekendstelling van polisie-lyfkameras het tot stilstand gekom nadat die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, bevestig het daar is geen tydlyn vir die bekendstelling van die kameras nie. In ‘n skriftelike parlementêre antwoord het Cachalia gesê die projek is steeds in die verkrygingsfase, en ‘n bekendstellingsplan sal eers afgehandel word sodra ‘n diensverskaffer aangestel is. Mzamo Billy van die DA sê die vertraging belemmer polisie-aanspreeklikheid en deursigtigheid te midde van groeiende kommer oor korrupsie en magsmisbruik.