Skip to content

ANC sê lesse uit 2021 sal 2026-plaaslike regeringsveldtog bepaal [KLANK]

# Die ANC sê sy manifes vir die plaaslike regeringsverkiesing in 2026 sal fokus op die regstel van munisipale mislukkings deur die versterking van bestuur, die verbetering van dienslewering en die herstel van openbare vertroue. Ná ’n hersiening van sy 2021-manifes het die party erken daar is volgehoue uitdagings, insluitend verouderde infrastruktuur, finansiële druk en wisselvallige munisipale prestasie. Fébé Potgieter-Gqubule van die ANC het aan die media gesê die nuwe manifes sal duideliker teikens bevat, met ‘n groter fokus op die herstel van sukkelende munisipaliteite en om seker te maak gemeenskappe kry betroubare dienste:

ENG FebeOnManifesto