# Rugby: Die afrigter van die Stormers-23, Tom Dawson-Squibb, het vyf veranderinge aan sy span aangebring vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas in Mbombela. Die span het twee van hul vorige vier wedstryde verloor, insluitend teen die Vrystaat verlede naweek, en is tans sesde op die punteleer. Dawson-Squibb sê sy manne sal ‘n 80-minute-vertoning moet lewer om ‘n nodige wegoorwinning te verseker. Wandile Mlaba, Keke Morabe en Herman Lubbe, wat verlede week vir die senior span teen die All Blacks gespeel het, word ook terug verwelkom.
Rugby: Vyf veranderinge aan Stormers-23 vir Curriebeker-wedstryd teen Pumas