Skip to content

SKA-sterrewag stel boek bekend oor toekomstige wetenskaplike navorsing

# Die SKA-sterrewag het ‘n nuwe boek vrygestel waarin wetenskaplike navorsing uiteengesit word oor wat verwag word van die Square Kilometer Array soos konstruksie vorder. Die boek met die titel Advancing Astrophysics II bevat 221 artikels wat deur portuurgroepe beoordeel is, deur meer as een-duisend-500 wetenskaplikes uit 51 lande. Die SKA-Mid-teleskoop, wat uit 197 skottels sal bestaan, insluitend MeerKAT, is in Suid-Afrika. SKA-Low, is in Australië en sal uiteindelik 131-duisend-en-72 antennas hê. Die navorsing betrek sterre, sterrestelsels, planete, kosmologie en die mees verafgeleë dele van die heelal.