# Die Parlement verwerp die National Coloured Congress-leier, Fadiel Adams, se bewering dat skootrekenaar-probleme sy vertraagde reaksie op die Madlanga-kommissie veroorsaak het. Hy beweer hy kon nie op ʼn amptelike kennisgewing reageer nie weens ʼn probleem met sy skootrekenaar wat deur die Parlement uitgereik is. Volgens die kennisgewing moes hy vrae beantwoord oor strafregtelike klagtes wat hy teen die Misdaadintelligensie-hoof, Dumisani Khumalo, en ander hooggeplaaste amptenare ingedien het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle het ná Adams se bewerings die dienstoonbank se rekords nagegaan:
Parlement verwerp Fadiel Adams se verskoning van “foutiewe skootrekenaar” by Madlanga-kommissie [KLANK]
ENG MothapoOnRecords