# Die vakbond Solidariteit sê drie nuwe konsepregulasies ingevolge die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette kan die onafhanklikheid van openbare skole verminder. Die vakbond sê die regulasies kan provinsiale onderwysamptenare groter beheer gee oor skoolbeheerliggame, onderwyserontwikkeling en personeelbetalings. Johnell Prinsloo van Solidariteit sê skole het meer buigsaamheid nodig om besluite oor hul eie behoeftes te neem. Prinsloo sê die vakbond sal kommentaar oor die regulasies indien en spoor ouers en skoolgemeenskappe aan om ook aan die openbare konsultasieproses deel te neem.
Solidariteit waarsku nuwe BELA-reëls hou risiko in vir skoolbeheerliggame