Skip to content

Drie bemanningslede dood in Houthi-aanval op ‘n vragskip in die Rooi See

# Drie bemanningslede is dood in ‘n vermoedelike Houthi-aanval op ‘n vragskip in Jemen se Straat van Bab el-Mandeb. Die Jemenitiese kuswag en militêre bronne sê die skip onder ‘n Tanzaniese vlag is getref deur ‘n projektiel aan die kus van al-Mokha. Twee Pakistanse bemanningslede en een Indonesiër is volgens berigte dood. Britse maritieme owerhede het bevestig die vaartuig is getref en ongevalle is aangemeld, terwyl die sekuriteitsfirma Ambrey sê die Houthi’s is moontlik verantwoordelik. As dit bevestig word, sal dit die eerste noodlottige Houthi-skeepsaanval sedert Februarie wees.