# Rugby: Die slot Miles Amatosero sal minstens die Wallabies se volgende wedstryd misloop na sy rooikaart tydens verlede naweek se oorwinning oor Japan in Osaka. Hy is in die 33ste minuut afgestuur vir gevaarlike spel. Amatorsero sal nie in die komende naweek se terugkeerwedstryd in Townsville speel nie, en sal ook ‘n klubwedstryd vir Gordon misloop, maar kan terugkeer vir Australië se wedstryd teen Argentinië later die maand as hy ‘n afrigtings-ingrypingsprogram voltooi. Hy het glo ‘n reputasie daarvoor dat hy soms humeurig is.
Rugby: Wallabies-slot vir drie wedstryde geskors na rooi kaart teen Japan