# ‘n Studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind negatiewe emosies kan versterk word onder mense wat op sosiale media met mekaar kommunikeer, met die effek wat versterk word onder depressiewe gebruikers. Die navorser, Kurt Marais, het meer as 12-duisend plasings van ‘n depressie-gefokusde Reddit-gemeenskap ontleed en ‘n instrument ontwikkel om depressieverwante emosionele taal op te spoor. Sy navorsing het bevind plasings het snags toegeneem, terwyl blootstelling aan soortgelyke negatiewe emosies dit kan versterk. Marais sê die bevindinge kan help om aanlyngedrag te verbeter:
Navorsing beklemtoon die impak van negatiewe emosies op sosiale media [KLANK]
AFR MaraisOnResearch