Skip to content

Kaapse Forum vra meer wetstoepassingsmagte in die Wes-Kaap

# Die Kaapse Forum sê Wes-Kaapse gemeenskappe moet meer wetstoepassingsmagte hê om toenemende geweldsmisdaad aan te pak. Die burgerregte-organisasie betoog vandag voor die Parlement in Kaapstad en eis dat wetstoepassingsmagte na die Wes-Kaap oorgedra word. Uitvoerende voorsitter Heindrich Wyngaard sê inwoners moet deur ‘n provinsiale referendum ook ‘n sê hê. Hy sê die betoging val saam met die Parlement se beraadslaging oor die Wysigingswetsontwerp op die Verkiesingskommissie, wat voorsiening maak vir provinsiale referendums rakende aangeleenthede wat provinsies raak.