# Veertien onwettige mynwerkers is dood aangetref in ‘n verlate skag naby die Nkaneng-informele nedersetting in Marikana, Noordwes. Hul liggame is vanoggend ontdek, terwyl verskeie ander mynwerkers beseer is. Polisiewoordvoerder Athlene Mathe sê die omstandighede rondom die sterftes is tans onduidelik. Die provinsiale polisiekommissaris, Patrick Asaneng, sê ondersoeke duur voort met noodspanne wat die situasie beoordeel en die beseerdes bystaan.
Veertien onwettige mynwerkers sterf, verskeie beseer in Marikana