Skip to content

Krieket: 2027 Wêreldbeker se medegashere gaan in driehoekige T20-reeks in Windhoek speel

# Krieket: Die mede-gashere van volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi in Suider-Afrika gaan later die maand in ‘n driehoekige T20-reeks speel. Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe sal mekaar van die 28ste twee keer elk in die Namibiese hoofstad, Windhoek, pak en die top-twee spanne speel op 6 September in die eindstryd. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê hulle is diep dankbaar vir die buurlande se toewyding aan die reeks, wat daarop gemik is om die sport op die vasteland te laat groei. Die Wêreldbeker begin op 4 Oktober volgende jaar.