# Rusland se hoogste hof het die liberale Yabloko-party verbied om aan volgende maand se parlementsverkiesing deel te neem. Dis die enigste geregistreerde party wat gekant is teen Moskou se oorlog in Oekraïne. Die saak is aanhangig gemaak deur die klein pro-Kremlin nasionalistiese party, Rodina, wat beweer Yabloko het onverklaarde veldtog-ondersteuning van onder meer Westerse bronne gekry. Yabloko se leier, Nikolai Rybakov, sê hulle gaan appelleer en beskryf Rodina se bewerings as ongegrond. Hy sê die Ministerie van Justisie het Yabloko herhaaldelik vir verskeie oortredings ondersoek, maar niks onwettig gevind nie.
Enigste Russiese party gekant teen oorlog verbied om aan parlementêre verkiesing deel te neem