Skip to content

Gesondheidsdepartement kritiseer ’n farmaseutiese vereniging oor “verdraaide” bewerings van sy verkrygingsprosesse

# Die Departement van Gesondheid beskuldig die organisasie, Pharmaceuticals Made in South Africa, dat hy die Parlement mislei het oor onlangse redes vir werksverliese in die sektor. Pharmisa het verlede week aan die Parlement gesê die departement se fokus op prys maak dit vir plaaslike medisyne-vervaardigers moeilik om tenders te kry, wat die afgelope 18 maande tot die verlies van twee-duisend-500 werksgeleenthede gelei het. Die departement sê Pharmisa het versuim om belangrike markontwikkelings wat druk plaas op vervaardigers, soos strenger regulatoriese vereistes, in ag te neem.