# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, is bekommerd oor die groeiende bedreiging deur georganiseerde misdaad en sê bendes, dwelmoorloë en onwettige vuurwapens is die rede vir die toenemende aantal moorde in die provinsie. Dit volg na die moord die afgelope naweek op vier mense, waaronder twee lede van die Teen-bende-eenheid, in Reigerpark, Ekurhuleni. ‘n Bekende bendeleier is intussen as ‘n persoon van belang ondervra in verband met die moorde. Lesufi sê die multidissiplinêre span wat die saak hanteer, moet vir die deurbraak geprys word:
Gautengse premier loof multidissiplinêre span in die Reigerpark-moordsaak [KLANK]
ENG LesufiOnBreakthrough