Skip to content

Tennis: Swiatek en Svitolina deur na halfeindronde van Kanadese Ope

# Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Iga Swiatek, is deur na die halfeindronde van die Kanadese Ope in Toronto. Die Pool het Diana Shnaider van Rusland binne 68 minute verslaan en speel volgende teen Elina Svitolina van Oekraïne. ​​​​Svitolina het die Rus Ekaterina Alexandrova uitgeskakel en is deur na haar vierde WTA-een-duisend-halfeindstryd vanjaar. Intussen is twee van die mans-kwarteindstryde in Montreal gister weens reën uitgestel. Al vier die kwarteindstryde sal vandag plaasvind, die halfeindronde môre en die eindstryd Donderdag.