# Die misdaadontleder, Chris de Kock, sê die National Coloured Congress-leier, Fadiel Adams, se getuienis vandag voor die Madlanga-kommissie is baie belangrik. Hy sal na verwagting moeilike vrae moet antwoord oor die ongemagtigde bekendmaking van geklassifiseerde staatsdokumente. Daar is ook bewerings teen hom dat owerhede aanvegbare inligting van hom gebruik het om senior beamptes van misdaadintelligensie te vervolg. De Kock het aan die Sowetan gesê Adams se getuienis sal bepaal of hy gebruik is, of deel was van diegene wat georkestreerde aanvalle op senior beamptes uitgevoer het.
Misdaadontleder beklemtoon belangrikheid van Fadiel Adams se getuienis voor Madlanga-kommissie