Skip to content

Iran sê Amerika moet aan lys voorwaardes voldoen voor Straat van Hormoes heropen

# Iran sê die ooreenkoms met Oman om die Straat van Hormoes te beheer is nie genoeg om die belangrike seestraat te heropen nie, en Amerika moet eers ʼn lys voorwaardes nakom. Dit sluit in ʼn einde aan die Amerikaanse vloot se blokkade van Iranse hawens, die onttrekking van militêre magte uit die omgewing van Teheran en ʼn permanente einde aan die oorlog. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê as Amerika nie sy skending van die memorandum van verstandhouding aanspreek nie, sien hulle geen moontlikheid dat onderhandelings hervat nie.