# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die ervare veelsydige voorspeler, Deon Fourie, by die nasionale groep ingesluit vir die komende Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Die 39-jarige Fourie wat sy plek as losvoorspeler en haker kan vol staan, het laas vir die Bokke uitgedraf in die 2023 Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland in Parys. Hy was weens beserings lank op die kantlyn, maar het verlede Vrydag geskitter in die Stormers se 38-21-nederlaag teen die All Blacks in Kaapstad.
Rugby: Veteraan Deon Fourie ingesluit by Bok-groep vir die reeks teen die All Blacks