# Rugby: SA Rugby het hulde gebring aan voormalige Springbok-haker Piston van Wyk, wat oor die naweek op 82-jarige ouderdom oorlede is. Hy het vir Noord-Transvaal en Natal gespeel, nou die Bulle en Haaie, en het tussen 1970 en 1976 in 15 toetswedstryde vir die Bokke gespeel. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, sê Van Wyk se loopbaan is gekenmerk deur sy formidabele skrumkrag, sy onwrikbare toewyding aan die span en sy onvergeetlike vertonings teen van die wêreld se moeilikste teenstanders.
Rugby: SA Rugby bring hulde aan die voormalige Bok-haker Piston van Wyk