# ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval het vanoggend minstens 12 slagoffers geëis en nog 39 beseer in die stad Nizjnekamsk in Rusland se Tatarstan-streek. ‘n Groot, tegnologies gevorderde olieraffinadery is in die stad geleë, waarskynlik die teiken van die aanval. Moskou sê hulle het 456 Oekraïnse hommeltuie afgeskiet. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê voortgesette aanvalle op olieraffinaderye is regstreeks gekoppel aan groter druk op Rusland om die oorlog te beëindig. Intussen is minstens vyf mense dood in ‘n Russiese aanval in Oekraïne se Kharkiv-streek.
12 dood in Rusland en vyf in Oekraïne terwyl twee lande voortgaan om mekaar aan te val