Skip to content

SAKP sê toenemende georganiseerde en geweldsmisdaad het krisisvlakke bereik

# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê die toenemende vlakke van gewelddadige en georganiseerde misdaad dui op ‘n dieper krisis in die land se veiligheidsargitektuur, veral die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Oor die naweek is elf mense in drie afsonderlike voorvalle in die Wes-Kaap doodgeskiet, terwyl vier mense, insluitend twee beamptes van die polisie se Teen-bende-eenheid, in Reigerpark, Boksburg, vermoor is. Die SAKP sê misdaadnetwerke word net sterker, terwyl die instellings wat verantwoordelik is vir die voorkoming en bestryding van georganiseerde misdaad deur politieke elemente verswak en in faksies verdeel word.