# Tennis: Vir die eerste keer in drie jaar is die wêreld-nommer-vier, Coco Gauff, terug in die kwarteindronde by die National Bank-ope in Kanada. Gauff het haar plek in die laaste agt in Toronto verseker met ‘n 6-3, 6-1 oorwinning oor die tiener-kwalifiseerder Alina Korneeva. Nadat sy in 2021 vir die eerste keer in Montreal deelgeneem het, het Gauff van 2021 tot 2023 drie agtereenvolgende keer die kwarteindronde gehaal, maar die afgelope twee jaar kon sy nie verder as die ronde van 16 vorder nie. Danksy die oorwinning is Gauff deur na haar sewende WTA-toer-kwarteindronde van 2026 en haar 25ste loopbaan-WTA 1000-kwarteindronde.
Tennis: Gauff deur na 25ste loopbaan WTA 1000 kwarteindronde in Toronto