# Rugby: Luke Jacobson sal die All Blacks Woensdag vir die eerste keer aanvoer in hul kragmeting teen die Haaie in Durban. Sewe spelers van die Nieu-Seelandse span wat die Stormers met 38-21 geklop het, is weer deel van die 23-tal vir hierdie tweede wedstryd van die toer. Bradley Slater, wat ‘n paar dae gelede by die groep aangesluit het as ‘n plaasvervanger vir die beseerde George Bell, sal na verwagting sy All Black-debuut van die bank af maak saam met losvoorspeler Semisi Ta’eiloa. Die wedstryd begin om 7-uur die aand.
Rugby: Luke Jacobson voer All Blacks vir eerste keer aan teen Haaie