Skip to content

Rugby: Cheetahs beroof Stormers van Curriebeker-oorwinning op die nippertjie

# Rugby: ‘n Laat drie deur Faf de Klerk het die Cheetahs gister gehelp om ‘n oorwinning van 31-26 oor die Stormers-23 te behaal in hul Curriebeker-wedstryd op die Athlone-stadion in Kaapstad. Die besoekers het vyf drieë gedruk teenoor die Kapenaars se vier. Die oorwinning plaas die Cheetahs in die tweede plek op die punteleer, met dieselfde aantal punte as die Griekwas wat heelbo is. Die Stormers is nou sesde nadat hulle twee bonuspunte verdien het. Die Haaie, Pumas en Griekwas het ook die naweek oorwinnings aangeteken.