# Jemen se Iran-ondersteunde Houthi’s neem verantwoordelikheid vir ‘n hommeltuig-aanval op ‘n raffinadery teen die kus van die Rooi See in Saoedi-Arabië. Aanvalle van die gewapende groep het toegeneem sedert die 2022-skietstilstand verlede maand verbreek is. Die groep se militêre woordvoerder, Yahya Saree, het gesê die Houthi’s het daarin geslaag om die Aramco-raffinadery in Jizan met ‘n hommeltuig te teiken, en die aanval was suksesvol. Hy sê dit is in reaksie op Saoedi-hommeltuig-aanvalle in noordwes Jemen. Saoedi-Arabië se ministerie van energie het gesê die brand by die Jizan-raffinadery is onder beheer gebring.
Jemen se Houthi’s neem verantwoordelikheid vir aanval op Saoedi-Arabië se raffinadery