# Die EFF-leier Julius Malema sal na verwagting ‘n aanklag van crimen injuria in die Johannesburgse landdroshof in die gesig staar nadat hy die voormalige skoolhoof van Bergview College, Jaco Pieterse, valslik van verkragting beskuldig het in die Cwe Cwe-saak. Daar is beweer ‘n sewejarige meisie, wat die skuilnaam Cwe Cwe gebruik het, is in Oktober 2024 op die skoolterrein in Matatiele seksueel aangerand terwyl sy vir vervoer gewag het. Barry Bateman van AfriForum sê hulle ondersoek ook aanklagte teen die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula en die Oos-Kaapse LUR vir Onderwys, Fundile Gade. Pieterse eis verantwoordbaarheid.
Malema staar crimen injuria-aanklag in die gesig oor Cwe Cwe-verkragtingsbewerings