# Sokker: Die Argentynse sokkerster Lionel Messi rou oor die dood van sy pa, Jorge, wat op 68-jarige ouderdom na ‘n lang siekbed oorlede is. Jorge het gisteroggend in ‘n kliniek in Rosario, Argentinië, gesterf. Hy was ‘n sleutelfiguur in Lionel se sokkerloopbaan nasionaal en internasionaal sedert hy 14 was, en was sy verteenwoordiger en vertroueling. Jorge het sy seun gehelp om waarskynlik die beste speler van alle tye te word. Huldeblyke stroom in van die Argentynse Sokkervereniging en sokkerorganisasies wêreldwyd.
Sokker: Messi treur oor sy pa Jorge