# Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, POPCRU, het ‘n beroep gedoen op gekoördineerde en meetbare nasionale programme om aanvalle op wetstoepassingsbeamptes te voorkom en intelligensie-gedrewe polisiëring te verbeter. Dit volg op die moord op twee beamptes van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park, Ekurhuleni. Die vakbond sê die maatreëls is om te verseker dat aanvalle op polisiepersoneel onmiddellik met gespesialiseerde aandag ondersoek word. POPCRU het die polisie versoek om alle beskikbare hulpbronne te mobiliseer om die skuldiges voor die gereg te bring. Hy het ook ‘n beroep op inwoners gedoen om ondersoekbeamptes te help en georganiseerde misdaad te bekamp.
POPCRU eis maatreëls om aanvalle op wetstoepassingsbeamptes te voorkom