# Suid-Afrikaners ondervind steeds toenemende finansiële druk, met die koste van ‘n basiese huishoudelike voedselmandjie wat van net meer as drie-duisend-400-rand in 2020 tot meer as vyf-duisend-500-rand vanjaar gestyg het – ‘n toename van 62-persent. Investec se hoofekonoom, Annabel Bishop, sê stygende brandstof- en vervoerkoste, inflasie, rentekoerse, wisselkoersskommelings en wêreldwye ekonomiese druk, laat voedselpryse steeds styg. Sy sê die faktore knyp huishoudelike begrotings ondanks tekens van dalende brandstofpryse.
Voedselmandjie se koste skiet hoogte in met huishoudings wat knyp voel