Skip to content

NVG verwelkom 25-jaar tronkstraf vir DJ Warras se moordenaar [KLANK]

# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnisoplegging van die 25-jarige Mosambiekse burger Joaquim Armando Pacula verwelkom vir die moord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock in die Johannesburgse middestad verlede Desember. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Pacula ook gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en ‘n oortreding van die Immigrasiewet. Sy medebeskuldigde, Victor Majola, se saak is tot 17 Augustus uitgestel vir ‘n voorverhoor. NVG-woordvoerder Magaboke Mohlatlole sê die vonnis versterk aanspreeklikheid:

ENG-MohlatloleOnPacula