# Die nuut-aangestelde Raad van die Openbare Beleggingskorporasie het ontmoet om toesig- en korporatiewe bestuurstrukture te vestig teneinde bestendigheid en kontinuïteit te verseker. Die Raad het ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom waarvolgens die voorsorgskorsing van die uitvoerende hoof van die korporasie, Patrick Dlamini, ongeldig en onwettig verklaar is. Dlamini het sy pligte as uitvoerende hoof en uitvoerende direkteur intussen hervat. Die Raad sê bewerings in ‘n fluitjieblasersverslag sal onafhanklik ondersoek word en die korporasie sal sy samewerking gee in voortgesette ondersoeke.
Nuwe Beleggingskorporasie-raad vestig bestuurstrukture om bestendigheid te verseker