Skip to content

Kaapstad vra inwoners om steeds water te bespaar al is damvlakke op 78%

# Die Stad Kaapstad sê inwoners moet steeds water bespaar al het damvlakke tot 78-persent gestyg. Die stad waarsku huidige voorrade moet deur die hoë-aanvraag somermaande en tot volgende jaar hou, aangesien reënval onvoorspelbaar bly. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê waterverbruik is tans laer as die stad se winterteiken, terwyl 570-miljoen-rand hierdie finansiële jaar belê word in projekte soos ontsouting, grondwaterontwikkeling en waterhergebruik om langtermyn watersekerheid te versterk.