# eThekwini-burgemeester Cyril Xaba het skok uitgespreek oor die moord op die ANC-wyksraadslid, Sibusiso Khwela in Klaarwater, wes van Durban. Volgens voorlopige ondersoeke was die oorledene saam met verskeie gemeenskapslede in sy kantoor, toe ʼn onbekende verdagte inkom, hom talle kere skiet en van die toneel vlug. Khwela was verantwoordelik vir Wyk 17 in eThekwini. Die polisietaakspan oor politieke moorde sal die saak ondersoek. Xaba sê hulle gaan nie oor die motief vir die moord bespiegel nie:
eThekwini-burgemeester geskok oor moord op ANC-wyksraadslid in Klaarwater [KLANK]
ENG XabaOnKhwela