Skip to content

JMPD lê beslag op gesteelde koper ter waarde van R16-miljoen [KLANK]

# Die Johannesburgse Metropolisiedepartement het twee 43-jarige Chinese burgers aangekeer nadat hulle vermoedelik gesteelde koperplate van sowat 16-miljoen-rand tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Booysens ontdek het. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes van die Taktiese Reaksie-eenheid het die besending in ‘n pakkamer opgespoor nadat inligting ontvang is wat met ‘n diefstalsaak in Durban verband hou. Hy bevestig die verdagtes word aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en in die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor aangehou:

ENG-FihlaOnCopper