# Noord-Korea het in sy jongste wapentoets ‘n kortafstand-ballistiese missiel in die see oos van die Koreaanse Skiereiland afgevuur. Suid-Korea se Weermag sê toesig is verskerp en hy werk ten nouste saam met Amerika en Japan om enige verdere optrede dop te hou. Die toets volg op ‘n reeks missiel- en artillerie-oefeninge deur Pjongjang en vind plaas voor die beplande gesamentlike militêre oefeninge tussen Suid-Korea en Amerika. Ontleders meen dit kan ook verbind word met onlangse spanning met Japan oor sy verdedigingsbedrywighede.
Noord-Korea skiet kortafstand ballistiese missiel in see oos van Koreaanse Skiereiland