# ‘n Voormalige krieketkaptein van Bangladesj, Shakib Al Hasan, se familiehuis is aangeval nadat hy saam met voormalige premier Sheikh Hasina aan ‘n aanlyn mediageleentheid deelgeneem het. Die polisie sê betogers het vensters gebreek en petrolbomme na die onbewoonde huis gegooi, wat ‘n brand veroorsaak het, Niemand is in die voorval beseer nie. Hasina het belowe om na haar land terug te keer al is sy in haar afwesigheid die doodstraf opgelê oor die dodelike 2024-onderdrukking van studentebetogings. Dit was Hasina se eerste openbare skakeling met die media sedert sy twee jaar gelede uit die land gevlug het.
Voormalige Bangladesj krieketkaptein se huis aangeval ná mediageleentheid met Hasina