# Mpumalanga se polisie sê daar is tans nie ‘n aanduiding van gemene spel in die dood van twee tieners van St Stithians College nie. Die liggame van die 19-jarige Ethan Coetzee en die graad 11-leerder Cameron Waldeck-Cooks is Maandag in ‘n lodge in Sabie ontdek. Coetzee het verlede jaar matriek geskryf en vir die Johannesburgse skool se eerste rugbyspan gespeel. Waldeck-Cooks was ‘n talentvolle roeier en netbalspeler. Woordvoerder Mavela Masondo sê die saak word ondersoek:
Mpumalanga-polisie ondersoek dood van twee tieners van St Stithians College [KLANK]
ENG MasondoOnProbe