# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, eis dat die ANC-veteraan Nkosazana Dlamini-Zuma bewerings van stemkopery teen hom terugtrek. Sy het in ‘n onderhoud op Mbuyiseni Ndlozi se potgooi, African Renaissance, verwys na ‘n stemboodskap wat Lamola beskuldig van stemkopery tydens die ANC se nasionale konferensie in 2017. Dlamini-Zuma het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, van dieselfde beskudig. Lamola het aan die SABC gesê dis nie in sy aard om van elke politieke meningsverskil ‘n hofstryd te maak nie:
Minister Lamola eis Dlamini-Zuma moet bewerings van stemkopery teen hom terugtrek [KLANK]
ENG LamolaOnAllegations